Lees ook: Vyf mense dood na skietery by Richardsbaai winkelsentrum
RICHARDSBAAI. – Twee verdagtes in die skietery by ‘n parkeerarea van die Richardsbaai-winkelsentrum is gister in Ballito oorlede na ‘n skietery met die polisie.
Die provinsiale polisiewoordvoerder het gesê die polisie het gister inligting ontvang oor waar die verdagtes van Dinsdag se skietery was. Hulle het na ‘n eiendom in Ballito gegaan waar die verdagtes op hulle begin skiet het.
Die polisie het teruggeskiet en twee van die verdagtes is oorlede. Opod is na die toneel ontbied vir verdere ondersoek. Die polisie is op soek na nog moontlike verdagtes en ondersoek steeds die skietery by die winkelsentrum.
Ses vuurwapens en meer as 1 000 rondtes ammunisie is gekonfiskeer.
Vyf mense is Dinsdag doodgeskiet in ‘n parkeerarea van ‘n Richardsbaai-winkelsentrum. Die voorval is moontlik dwelmverwant.
Bronne: ECR, IOL, North Coast Courier
Lees ook: Vyf mense dood na skietery by Richardsbaai winkelsentrum



