Vyf mense dood na skietery by Richardsbaai winkelsentrum

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Ses dood in Daveyton-massaskietery

RICHARDSBAAI. – Vyf mense is gister dood na ’n skietery by die winkelsentrum in Richardsbaai.

Die polisie het gesê minstens vyf verdagtes het die slagoffers by die winkelsentrum se parkeerarea geskiet. Hulle het toe gevlug in ’n blou VW Polo.

Vier van die slagoffers is op die toneel oorlede en die vyfde slagoffer het by die kliniek gesterf.

Die rede vir die skietery is onbekend maar dit is moontlik aan dwelms verwant.

Bronne: EWN, SABC, Jacaranda FM

Lees ook: Ses dood in Daveyton-massaskietery