Lees ook: City Power nou in Midrand om elektrisiteitstoevoer af te sny
JOHANNESBURG. – City Power het gister die krag by die Leopard Rock-eiendom in Midrand afgesit, omdat die eiendom se beheerliggaam ongeveer R5.1 miljoen aan die stad vir onbetaalde elektrisiteitsrekeninge skuld.
Vier ander besighede, insluitend die Vaal Value Warehouse (wat R1.2 miljoen skuld), die New Model Private College (wat R1.2 miljoen skuld), die Zwa Tadula Capital (wat R721 000 skuld) en Long Meadow Business Estate (wat R1 12 000 skuld), se kragtoevoer is afgesny.
Meer as 20 eiendomme in Naturena se kragtoevoer is Dinsdag afgesny voor die owerhede gedreig is en die operasie moes stopgesit word. Die Naturen-gemeenskap skuld meer as R309 miljoen in onbetaalde elektrisiteitsrekeninge.
Agt gekaapte geboue in Jeppestown se kragtoevoer is ook gister afgesny. Die agt geboue skuld City Power meer as R14 miljoen.
Bronne: IOL, SABC, EWN
Lees ook: City Power nou in Midrand om elektrisiteitstoevoer af te sny



