City Power nou in Midrand om elektrisiteitstoevoer af te sny

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: City Power sit Naturena-inwoners wat nie betaal nie se krag af

MIDRAND, JOHANNESBURG.- City Power is vandag in Midrand besig om die elektrisiteitstoevoer aan mense wat nie betaal nie af te sit.

City Power het gesê hulle sal ses besigheidspersele in die gebied besoek om hulle krag af te sit oor die R13 miljoen wat hulle skuld.

Dit volg na hulle gister in Naturena was om die elektrisiteitstoevoer van nie-betalers af te sny.

City Power het gesê Naturena skuld meer as R90 miljoen aan hulle. Die inwoners het gedreig om net weer hulle krag aan die City Power-lyne te koppel voor die dag verby is.

Bronne: EWN, IOL, City Power

Lees ook: City Power sit Naturena-inwoners wat nie betaal nie se krag af