City Power sit Naturena-inwoners wat nie betaal nie se krag af

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Inwoners van gekaapte geboue keer City Power om krag af te sny

NATURENA. – Johannesburg se City Power het die elektrisiteitstoevoer aan Naturena-inwoners wat nie betaal vir krag nie afgesny.

Inwoners het die City Power-beamptes probeer verhinder om dit te doen, maar die SAPD en Johannesburg-metropolisie kon hulle afweer en die beamptes toelaat om hulle werk te doen. City Power kon gister elektrisiteit na 20 huise afsny. Hulle moes hulle pogings kortknip toe Naturena-inwoners die polisie begin dreig het.

Die Naturena-gemeenskap skuld R309 miljoen gesaamentlik vir elektrisiteit, teerwyl R10 biljoen geskuld word deur inwoners en besighede wat nie betaal nie.

City Power het gesê meer as R90 miljoen is oor die laaste drie jaar deur die inwoners wat onwettig gekoppel is aan elektrisiteitstoevoer geskuld. Uit die 3  000 geregestreede kliënte betaal slegs die helfte van hulle vir elektrisiteit.

Van die huise waarvan die krag afgesny is, was gekoppel aan die City Power-infrastruktuur, maar het nie betaal vir hulle dienste nie.

Die inwoners het op die beamptes geskree en het gesê elektrisiteitstoevoer na Soweto, Mountain View en Freedom Park moet dan ook afgesny word. Die inwoners het ook gekla oor intimidasie omdat die polisie teenwoordig was.

Bronne: IOL, EWN, Jacaranda FM

Lees ook: Inwoners van gekaapte geboue keer City Power om krag af te sny