Lees ook: Ben Gumbi-moordverdagte verskyn vandag in die hof
RUSTENBURG. – Die verdagte in die moord op sakeman Ben Gumbi het gister om borg in die Rustenburg-landdroshof aansoek gedoen.
Sibongesi Ngubane is op 12 September in hegtenis geneem in Germiston terwyl hy by die hof was vir ‘n roofsaak waarin hy ook ‘n verdagte is. Ben Gumbi is op 23 Augustus buite ‘n gewilde koffiewinkel doodgeskiet terwyl hy met sy foon besig was. Twee mans het hom genader. Die een aan sy linkerkant het hom verskeie keer in die kop en bors geskiet. Die ander man aan sy regterkant het nog een skoot afgevuur, waarna Gumbi geval en sy aanvallers gevlug het. Die blou Volkswagen Polo waarin hulle gevlug het, is minute later verlate opgespoor op die hoek van Helen Joseph- en Louriestraat.
Gumbi het glo voorheen dreigemente oor ’n landontwikkelingsprojek ontvang.
Die saak is tot 27 September uitgestel en Ngubane sal in aanhouding bly tot dan.
Bronne: Sunday World, News365, The Pink Brain



