LEES OOK: Springbokke bevestig Handre Pollard sal by Wêreldbeker-groep aansluit
In hulle eerste Wêreldbeker-wedstryd teen Skotland moes die Springbokke hulle nuwe hyper jade-trui dra, wat ’n omstrede reaksie onder die span se aanhangers veroorsaak het. Die oorgrote meerderheid Springbok-aanhangers was gefrustreerd dat die span nie meer gereeld in die bekende groen en goud gesien word nie.
In die komende naweek se wedstryd teen Ierland sal die Springbokke weer ’n “alternatiewe” trui moet dra – hoewel dit hierdie keer die witte sal wees. Dit beteken dat die span nie hierdie naweek in die tradisionele groen-en-goud sal speel nie, omdat dit te veel sal bots met die kleure van die Iere.
“Die Springbokke word nie toegelaat om die groen en goue trui in elke toetswedstryd te dra nie – so graag as wat ons wil,” het ‘n SA Rugby-woordvoerder gesê. “Die alternatiewe truikleur is wit, maar Nike het voorgestel om die gewone voorkoms te verbeter met ’n moderne ontwerp wat verskeie invloede in ’n nuwe kombinasie gebruik. Die trui is aan senior Springbokke voorgelê, en hulle het dit goedgekeur.”
Só lyk die verskillende kits vir die Springbokke vir hierdie Wêreldbeker:
Hierdie naweek se wedstryd is die derde een vir die Springbokspan nadat hulle vir beide Skotland en Roemenië in die laaste twee weke oorwin het.
#RWC #Springbokke #Kits #GroenEnGoud #Rugby
Bronne gebruik: The South African; IOL News; SA Rugby Magazine.



