Lees ook: Russell Brand beskuldig van verkragting
VSA. – Nog vroue het na vore gekom met aantygings van seksuele aanranding, verkragting en emosionele mishandeling teen die akteur, komediant en aktivis Russell Brand.
Die eerste aantygings het Saterdag aan die lig gekom na ‘n ondersoek deur die Sunday Times, The Times en Channel 4 Dispatches. Vyf vrouens het Brand beskuldig van seksuele aanranding, verkragting en emosionele mishandeling. Een van die vrouens het beweer sy was slegs 16 jaar oud toe hy haar aangerand het.
Brand het alle beskuldigings ontken. Die polisie het gevra enigiemand wat “glo hulle is die slagoffer van seksuele aanranding deur Brand” moet na vore kom. Hulle het ook gesê hulle het nie nog klagtes ontvang in verband met die beskuldigings teen Brand nie.
Bronne: Metro, SkyNews, Oxford Mail
Lees ook: Russell Brand beskuldig van verkragting



