Russel Brand beskuldig van verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Malema probeer hof oortuig om aanklagtes teen hom te laat vaar

VSA. – Die bekende Britse akteur, komediant en aktivis, Russel Brand, is deur vyf vrouens van verkragting, seksuele aanranding en emosionele mishandeling beskuldig.

Die beskuldigings is Saterdag deur verskeie mediahuise gepubliseer na ‘n ondersoek deur die Sunday Times, The Times en Channel 4 Dispatches. Vyf vrouens, van wie vier anoniem gebly het, het Russel Brand beskuldig van verkragting, emosionele mishandeling en seksuele aanranding tussen 2006 en 2013.

Brand het alle aanklagtes ontken en sy prokureurs het gesê hulle kan nie kommentaar lewer nie, want “daar is te veel vrae” en hulle respekteer die vrouens se besluit om anoniem te bly.

 Brand het as deel van sy nuwe toer voortgegaan met ‘n optrede en aan die einde staande applous gekry.

Bronne: The Guardian, Euronews, BBC

Lees ook: Malema probeer hof oortuig om aanklagtes teen hom te laat vaar