KYK: VSA-vrou sluk per ongeluk AirPod (en dog dis haar vitamienpil)

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Rowwe see spoel menslike kopbeen uit

UTAH, VSA. – In ‘n TikTok-video wat viraal geraak het, vertel ’n ouma in Utah dat sy haar AirPod ingesluk het, omdat sy gedink het dat dit haar vitamienpil was. 

Tanna Barker, ’n eiendomsagent van Salt Lake City in die VSA, het die grappige video op haar TikTok gedeel. Dit het Saterdag gebeur toe sy ’n ou vriendin tydens ‘n oggendstappie, met haar linker-AirPod in haar sak, raakgeloop het.

“Goed, so ek gaan nou kwesbaar wees. Ek het my AirPod ingesluk. Ek het my AirPod ingesluk!” het Barker in die video gesê. “Halfpad deur my stappie het ek besluit om my vitamiene te neem.” Maar dit was geen vitamien nie, en sy het eers aan die einde van die stap haar fout besef. “Ek het my hand in my sak gesteek om my AirPod te kry, en ek hou my vitamiene vas!” het Barker tydens ’n ABC News-onderhoud gesê.

Barker het onmiddellik verskeie mediese spesialiste gekontak, wat almal gesê het dat sy oukei behoort te wees, en dat dit drie tot vyf dae sal neem vir die AirPod om deur haar ingewande te beweeg.

Haar video is reeds 3,6 miljoen keer gekyk:

#TikTok #Viral #AirPods #Mensestories

Bronne gebruik: Maroela Media; New York Post.