Wapenaanklagte staar Hunter Biden in die gesig

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: President Joe Biden se seun aangekla van belasting- en vuurwapenmisdrywe

Hunter Biden, die seun van die Amerikaanse president Joe Biden, is aangekla op drie aanklagte van die besit van ‘n vuurwapen terwyl hy na bewering onder die invloed van dwelms was.

Federale aanklaers het die aanklagte gebring nadat ‘n pleitooreenkoms oor belastingmisdade en wapenaanklagte in Julie platgeval het. Dit volg nadat die Republikeinse party ‘n vervolgingsondersoek van stapel gestuur het in ’n poging om Hunter se saketransaksies aan sy pa te koppel. Nog min bewyse van ’n direkte verband is egter tot dusver ontbloot om so ’n ondersoek te regverdig.

Dit is ’n historiese aanklag teen die seun van ‘n heersende president. Twee aanklagte hou verband met Hunter Biden wat na bewering op ’n vorm ingevul het dat hy nie onwettige dwelms gebruik het toe hy ’n rewolwer in 2018 gekoop het nie en ’n derde aanklag beweer hy het die vuurwapen in sy besit gehad terwyl hy onder die invloed van dwelms was. David Weiss, spesiale regsverteenwoordiger en ook die prokureur vir die staat Delawarehou, hou toesig oor die saak.

#HunterBiden #JoeBiden #President #Wapens #Aanklagte

Bronne gebruik: SABC Nuus.