Lees ook: De Aar-koperdief kry 12 jaar tronkstraf
Die VSA-president Joe Biden se seun, Hunter, is aangekla van versuim om sy belasting te betaal en die onwettige besit van ’n vuurwapen as ’n dwelmgebruiker.
Hunter het gister ooreengekom om skuldig te pleit op aanklagtes van die versuim om belasting te betaal. Hy sal ook na verwagting ’n ooreenkoms aangaan met aanklaers op die aanklagte van onwettige besit van ’n vuurwapen as ’n dwelmgebruiker.
Die ooreenkoms beëindig die justisiedepartement se ondersoek na Hunter Biden wat al voorheen erken het hy sukkel met ’n dwelmverslawing.
Die nuus volg na die Republikeine in die Kongres hulle eie ondersoeke ingestel het na alle fasette van Hunter Biden se saketransaksies.
Bronne: DW – South Africa, The Guardian, Indian Express, USA Today
Lees ook: De Aar-koperdief kry 12 jaar tronkstraf



