WINBURG, VRYSTAAT. – Nini Pule, ‘n student wie se lewe op 13 Mei 2023 kortgeknip is se kêrel en medepligtiges is op Donderdag 14 September swaar in die Welkom-hooggeregshof gevonnis. Die beskuldigdes is twee keer lewenslank plus 79 jaar tronkstraf opgelê.
Kapt. Stephen Thakeng sê Pule se kêrel, Malefetsane Mpotle en haar seun (3) was die betrokke dag saam met haar toe Mpotle beweer het hulle is gekaap.
Mpotle, met die kleuter by hom, het aan lede van die Theunissen-polisie vertel hulle was aan die ry toe hulle gekaap is en Pule was volgens hom steeds in die voertuig.
‘n Kapingsdossier is geregistreer en die polisie het met die ondersoek voortgegaan waartydens die gekaapte voertuig gesoek is en dieselfde dag deur die afgetrede speur-AO Eddie Mothibi en speursers. Liezel van der Westhuizen opgemerk is. Pule was in die voertuig op die agtersitplek, met bruin kleefband vasgebind en haar keel was gesny.
Klagtes van moord en diefstal van ‘n selfoon is by die oorspronklike klagte gevoeg.
Die polisie kon tydens hul ondersoek vasstel Mpotle het ‘n vals klagte aangemeld. Mojaki Pattern Phara en Sebongile Matsorotso Soul is gedurende Augustus 2021 op Theunissen in hegtenis geneem. Mpotle is ‘n paar dae later by sy ouerhuis in Phoolong, Henneman vasgetrek.
Hulle is in die hooggeregshof skuldig bevind. Phara is vir moord tot lewenslank en vir diefstal van ‘n selfoon nog ‘n verdere drie jaar gevonnis. Matsorotso moet 23 jaar vir moord en diefstal van ‘n selfoon ‘n bykomende drie jaar in die tronk deurbring.
Mpotle, Pule se kêrel is tot lewenslank vir moord gevonnis, vir diefstal van ‘n selfoon ‘n verdere drie jaar en vir regsverydeling ‘n verdere 12 maande.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



