Polisiesigbaarheid by Zoeloe-prins se begrafnis verskerp

Deel hierdie storie / Share this story

ULUNDI, KZN. – Polisiesigbaarheid is verskerp vir die begrafnis van prins Magosuthu Buthelezi waar 20 000 roubeklaers verwag word.

Brig. Athlenda Mathe sê hulpmiddels is in plek om die veiligheid en sekuriteit te verseker van alle begrafnisgangers wat hulle laaste respek wil betoon.

NatJOINTS (Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur), staatsdepartemente onder leiding van die SSA (Staatsveiligheidsagentskap), die SAPD en die SANW is tevrede met die sekuriteitsplan wat gereed is. Roubeklaers is gevra om hulle verantwoordelik te gedra. Daar moet met wetstoepassingsowerhede saamgewerk word en geduld moet aan die dag gelê word.

Mathe het gesê ouers moet versigtig oorweeg om jong kinders na die begrafnis te neem.

Diegene wat van die Amabutho-regiment is, sal in tradisionele drag geklee wees en toegelaat word om swaarde en skilde in lyn met Zoeloe-tradisie te dra.

Daar sal egter geen vuurwapens of hommeltuie toegelaat word nie.

Mathe het die gemeenskap van Ulundi gemaan om te onthou daar sal tydens die amptelike kategorie 1-begrafnis wat op 16 September gehou word ‘n geweersaluut van 21 skote plaasvind. Daar word dus gevra dat daar tydens die afvuur van die skote spesiale aandag aan weerlose mense en diere gegee moet word.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel