LEES OOK: Partyleiers besoek familie van prins Mangosuthu Buthelezi
Verskeie internasionale afgevaardiges het in Suid-Afrika begin aankom om môre die begrafnis van prins Mangosuthu Buthelezi by te woon. Dit sluit leiers van regoor Afrika en die res van die wêreld in.
‘n Lid van die Nasionale Raad van die IVP, Les Govender, sê die ontslape leier het sterk internasionale bande gehad: “Mense van China, Indië en Australië het aangedui dat hulle hier sal wees. Sommige van hulle het reeds opgedaag. Ons het die voormalige president van Nigerië hier, leiers van die Afrika-kontinent, koninklikes van Zambië, Ghana en daardie lys groei steeds van die Afrika-kontinent. Dan het ons die koninklike Walliese regiment. Ons het ’n verteenwoordiger van die Britse weermag wat ’n krans gaan lê sowel as ’n verteenwoordiger van die Verenigde State. Die Dalai Lama sal verteenwoordigers stuur om die begrafnis Saterdag by te woon.”
Intussen sal Buthelezi se liggaam na verwagting vandag van ’n plaaslike lykshuis in Ulundi na sy tuisdorp, Mahlabathini, vervoer word terwyl voorbereidings vir sy begrafnis aan die gang is. Senior lede van die Buthelezi-familie sal na verwagting tradisionele rituele uitvoer ná die aankoms van die liggaam.
#Buthelezi #Begrafnis
Bronne gebruik: SABC Nuus.