Waarskuwing! Video-opname nie vir sensitiewe lesers nie.
POTCHEFSTROOM, NOORDWES. – Ben Gumbi (49 is Woensdagoggend 23 Augustus 2023 buite ‘n restaurant in Rustenburg doodgeskiet. Die verdagtes het in ‘n blou Volkwagen gevlug wat later verlate op die hoek van Helen Joseph- en Louriestraat gevind is.
Brig. Sabata Mogwabone sê Sibongiseni Ngubane (33) is Dinsdag 12 September vir die “moord” in hegtenis geneem en het Donderdag 14 September in die Rustenburg-landdroshof verskyn.
Die verdagte is in hegtenis geneem waar hy in Germiston in ‘n hofsaak van beweerde gewapende roof verskyn het. Die saak in die Rustenburg-landdroshof is vir verdere ondersoek tot Dinsdag 19 September uitgestel.
‘n Video van die voorval is op sosiale media gedeel waar twee verdagtes met vuurwapens op die oorledene skiet.
Lees ook: https://find-it.co.za/2023/08/24/sakeman-by-gewilde-koffiewinkel-in-rustenburg-doodgeskiet/
Bron: SAPD en Obakeng Ice-t Maje-Facebook-blad
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



