Kimberley-vrou na vyf maande steeds vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Sol Plaatje moet red wat te redde is

KIMBERLEY. – ’n Vrou van Kimberley (29) wat tydens ’n kerkdiens verdwyn het, is vyf maande later steeds weg.

Letitia Bucks is laas op 16 April deur haar ma en die kerklede gesien toe sy by ’n kerk in Florianville uitgegaan het na sy vir haar ma gesê het sy gaan badkamer toe. Sy het nooit teruggekom van die badkamer af nie.

Bucks het ’n swart-en-wit rok aangehad, met ’n pienk-en-rooi baadjie en wit sandale. Sy is slank, met donkerbruin krulhare en het ‘n L-vormige goudgevulde opening in haar tande.

Enigiemand met inligting word aangemoedig om speursers. Kelaegile Emily Mosala by 079 492 2681 of 08600 10111 te skakel .

Bronne: IOL, The Africa, Briefly, Road Safety

Lees ook: Sol Plaatje moet red wat te redde is