ORLANDO, SOWETO. – Die polisie het Donderdag 14 September 2023 altesaam 11 beweerde gewapende rowers, tussen 33 en 34 jaar oud, vasgetrek en glo so planne vir ‘n beoogde gewapende roof in Orlando gefnuik.
Brig. Brenda Muridili sê drie voertuie met die verdagtes is onderskep voordat hulle glo ‘n beplande rooftog in Mookistraat en die Soweto-hoofweg kon pleeg.
Daar is op drie vuurwapens, ammunisie en die drie voertuie beslag gelê.
‘n Wenk is ontvang waarna die verdagtes onderskep is. Geen skote is afgevuur nie en die verdagtes sal na verwagting binnekort op die klag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie sowel as sameswering om ‘n gewapende roof te pleeg in die Orlando-landdroshof verskyn.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



