LEES OOK: Dodetal in Libië-vloedramp kan nog styg
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het $2 miljoen uit sy noodfonds vrygestel om die slagoffers van vloede in die ooste van Libië te ondersteun, het die WGO se direkteur-generaal, Tedros Adhanom Ghebreyesus, vandag gesê.
“Soos die dodetal toeneem, word die gesondheidsbehoeftes van die oorlewendes al hoe dringender,” het hy gesê. “Die WGO stel $2 miljoen vry van ons noodgevalfonds om die reddingspogings te ondersteun.”
Tedros het die vloede as ’n ramp van epiese proporsies beskryf, en het gesê die WGO het reeds voorrade ontplooi, en sal nog trauma-, chirurgiese en noodvoorrade vanaf sy logistieke sentrum in Dubai stuur. Omtrent 5 000 mense is oorlede en die dodetal kan steeds styg met reddinspanne wat na nog oorlewendes soek. Altesaam 9 000 mense word nog vermis.
#Libie #Vloed #WGO #Donasies #Noodfonds
Bronne gebruik: SABC Nuus.