Lees ook: Dodetal in Marokko-aardbewing styg steeds
LIBIЁ. – Die inwoners van Derna, Libië, het die liggame van mense wat in die pasafgelope vloede omgekom het, in massagrafte begin begrawe.
Omtrent 5 000 mense is oorlede en die dodetal kan steeds styg met reddinspanne wat na nog oorlewendes soek. Altesaam 9 000 mense word nog vermis.
‘n Tropiese storm, genaamd Daniel, het erge vloede dwarsoor Libië veroorsaak, maar die hawestad Derna is die ergste getref nadat twee damme se walle tydens die vloede meegegee het.
‘n Beampte van die Verenigde Nasies het gesê die meeste van die sterftes kon vermy gewees het as die waarskuwings oor die komende vloede ter harte geneem is en mense betyds verwyder is.
Bronne: San Diego Union Tribune, BBC, Times of India



