Senzo Meyiwa-saak tot Oktober uitgestel

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Senzo Meyiwa-saak uitgestel

PRETORIA. –  Die Senzo Meyiwa-moordsaak is tot 2 Oktober uitgestel. Die verdediging sou konst. Sizwe Zungu onder kruisverhoor geplaas het met foto’s wat die staat gebruik het om die beskuldigdes aan Senzo Meyiwa se moord te verbind.

Zungu het getuig hy het al vyf beskuldigdes met vuurwapens die dag van Meyiwa se moord by ‘n Vosloosrus-koshuis gesien, in dieselfde gebied as waar Kelly Khumalo se huis is. Hy het ook getuig dat hulle geweet het Meyiwa is dood voor die nuus bekend was.

Altesaam 784 foto’s is op die beskuldigde, wat die staat dink het Meyiwa geskiet, se foon gekry. Die verdediging het gesê hulle het tyd nodig om met hulle kliënte te praat en om Mthobisi Mncube se foto’s deur te gaan.

Bronne: EWN, The Citizen, SABC

Lees ook: Senzo Meyiwa-saak uitgestel