STRYDENBURG, NOORD-KAAP. – Joseph Kasper (32), Pieter Visser (21), Elcardo Demas (22), en Kobus Daniels (32) is elkeen ‘n vonnis van 15 jaar tronkstraf opgelê, terwyl Elton van Rooyen (30) 10 jaar in die tronk moet deurbring vir die bendeverkragting van ‘n 18-jarige vrou op 27 November 2010.
Lt.kol. Sergio Kock sê die mans is op 12 September 2023 in die Hopetown-streekshof skuldig bevind aan verkragting en poging tot verkragting.
Kock sê die mans het beurte gemaak om die vrou te verkrag en aan te rand. Sy kon daarin slaag om haar vyfde aanrander af te weer wat ‘n poging aangewend het om haar te verkrag.
Sy het gevlug en hulp by bure gevra, waarna die polisie ontbied is.
Die beskuldigdes is die volgende dag in hegtenis geneem en het 11 maande later borg gekry, waarna hulle onlangs gevonnis is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



