LEES OOK: Twee verdagtes vasgetrek ‘wat friespaneel van Paul Kruger-standbeeld probeer steel’
Die geheimsinnige “verdwyning” van honderde goue Kruger-munte ter waarde van R7,2 miljoen uit ’n bankkluis het daartoe gelei dat ’n bankbeampte skuldig bevind is aan diefstal en tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis is.
Kevin Kaschula het reeds 10 maande van sy vonnis uitgedien, maar hy het nou daarin geslaag om sy naam skoon te maak op appèl in die Makhanda-hooggeregshof in die Oos-Kaap. Waarnemende regter AJ Ellis het gesê dit was blote spekulasie of Kaschula die munte gesteel het, aangesien die bejaarde eienaar nie seker was hoeveel munte hy in Nedbank se kluis gehad het nie. Na raming het sowat 480 Kruger-munte vermis geraak vanaf die 1990’s tot onlangs toe die “diefstal” ontdek is.
#KrugerMunte #Diefstal #Bankkluis #Kaschula



