Baba tydens huisroof geklap

Deel hierdie storie / Share this story

PARKGATE, KZN. – ‘n Babaseun (10 mnde.) is Woensdagmiddag 13 September 2023 tydens ‘n huisroof in Heathrowrylaan deur verdagtes geklap.

Reaction Unit South Africa sê hulle is deur ‘n polisielid wat van diens was vir hulp ontbied toe hy ‘n wit Suzuki van ‘n buurhuis sien wegjaaghet. Na bewering het vyf gewapende verdagtes die huis binnegegaan en vier volwassenes gekonfronteer. Die baba het gehuil en is glo deur ‘n verdagte geklap.

Die verdagtes het huishoudelike items en juwele gebuit. ‘n Televisiestel is glo weens ‘n oorlaaide voertuig langs die straat gelaat.

‘n Ooggetuie het glo gesien ‘n vrou bestuur die wegkommotor, maar dit is nie bevestig nie.

Die polisielid wat sy bure om hulp hoor roep het, het probeer om die verdagtes voor te keer, maar was nie suksesvol nie. Reaksiebeamptes se soektog na die verdagtes het ook niks opgelewer nie.

Bron: Reaction Unit South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel