Jong vrou sterf, kêrel gewond na aanval in tent

Deel hierdie storie / Share this story

ERASMIA, GAUTENG. – Lizka Nell en Nicholas Wincento is op Vrydag 8 September 2023 by die Hennopspride Lifestyle Resort geskiet terwyl hulle in ‘n tent gekamp het. Niks is tydens die aanval gebuit nie.

Kol. Dimakatso Nevhuhulwi sê beide jongmense het skietwonde opgedoen, waarna Nell op Sondag 11 September 2023 in ‘n hospitaal aan haar beserings gesterf het.

Drie onbekende verdagtes het Nell en Wincento aangeval en op hulle geskiet.

Erasmia-polisiestasie ondersoek sake van moord en poging tot moord.

FiND iT het voorheen soos volg berig:

Lizka Nell (23), ‘n oud-leerling van Laerskool Randfontein, Hoërskool Riebeeckrand en NWU-Pukke is volgens ‘n sosialemediaplasing die naweek doodgeskiet.

Laerskool Randfontein se plasing lui Nell en ‘n vriend is by ‘n kampplek aangeval en geskiet.

Medelye is teenoor haar gesin, Barry, Wanda en Tiaan Nell, uitgespreek. Verskeie boodskappe van simpatie is deur familie en vriende op sosiale media geplaas.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel