Jong man verlam nadat hy geskiet is

Deel hierdie storie / Share this story

STELLENBOSCH, WES-KAAP. – Benjé Momberg (25) is verlam nadat hy die naweek in Van der Stel-sportklub deur vermeende gewapende rowers geskiet is.

Momberg is tydens die voorval kritiek beseer en in ‘n hospitaal opgeneem.

Paul Roos Gymnasium Old Boys het in ‘n plasing op sosiale media gesê die atletiese jong man wat vir Paul Roos Gimnasium se eerste rugbyspan gespeel het, is tydens ‘n rooftog waarin die klub die teiken was, deur sy ruggraat geskiet.

Bron: Paul Roos Gymnasium Old Boys

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel