HARRISMITH, VRYSTAAT. – Vier persone is vanoggend omstreeks 03:40 dood en nog nege beseer in ‘n ongeluk tussen twee vragmotors en ‘n bus op die N3 naby Montrose onderweg na die Van Reenen-pas.
AO Mmako Mophiring sê ‘n vragmotorbestuurder en twee passasiers is met impak oorlede. Die beseerdes is in plaaslike hospitale opgeneem. Nog een persoon is in ‘n hospitaal oorlede.
Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Volgens Suburban Control Centre is al die bane gesluit.
Bronne: SAPD en Suburban Control Centre
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



