VSA. – Reza Baluchi (44), het homself op 1 September 2023, na drie dae in sy bubble aan die kuswag oorgegee, nadat hy in die Atlantiese Oseaan onderskep is. Hy het toe reeds 110 km tussen Florida en Londen in sy selfgemaakte toestel, wat soos ‘n hamsterwiel lyk, afgelê.
Die kuswag het hom op 26 Augustus ongeveer 110 km van Tybee-eiland in Georgia gestuit. Die marathonatleet het vir drie dae lank geweier om uit die toestel te klim en eers ingestem nadat die borrel na ‘n kuswagbasis in Miami geneem is.
Hy het volgens hofdokumente gedreig om selfdood te pleeg en ook gedreig daar is ‘n bom aan boord van sy tuig. Die bom-dreigement was inderdaad vals, maar hy word nou deur federale klagtes in die gesig gestaar.
Baluchi het sy tog begin juis op ‘n tydstip dat amptenare vir die koms van ‘n orkaan voorberei het. Hy het sy tog reeds drie keer vantevore, in 2014, 2016 en 2021, aangepak, maar die kuswag het elke keer sy planne gefnuik.
Volgens Baluchi wou hy met sy tog geld insamel vir onder andere haweloses en die kuswag.
Bronne: NPR, BBC en Fox 2 Detroit
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



