Lees ook: Getuie in Senzo Meyiwa-saak sê beskuldigdes het sy dood gevier
NIEU-SEELAND. – ‘n Chirurgiese toestel “die grootte van ‘n bord” is in die maag van ‘n vrou gelos na sy met ‘n keisersnit in Auckland, Nieu-Seeland geboorte geskenk het.
Die Alexis-wondhaak, ‘n toestel wat wonde oophou tydens operasies, is eers 18 maande na die keisersnit uit haar maag gehaal.
Die vrou het gereeld pyn ervaar en moes verskeie kere dokter toe gaan voor die toestel tydens ‘n skandering raakgesien is.
Haar saak word deur prokureurs evalueer om te sien of verdere aksie geneem gaan word.
Bronne: BBC, ABC News, The Guardian
Lees ook: Getuie in Senzo Meyiwa-saak sê beskuldigdes het sy dood gevier



