Minstens 64 dood in aanval op rivierboot in Mali

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Getuie in Senzo Meyiwa-saak sê beskuldigdes het sy dood gevier

MALI. – Minstens 64 mense is dood na Islamitiese militante ‘n rivierboot in Mali aangeval het.

Hulle het glo ook ‘n weermagkamp aangeval en 15 soldate doodgemaak. Na bewering het minstens 50 militante omgekom.

Die militante het glo die boot aangeval terwyl dit op die Nigerrivier na Mopti vanaf Gao gevaar het. Dit was gewone burgers in die boot, nie weermagpersoneel nie.

Daar was glo nog verskeie soortgelyke aanvalle sedert Timboektoe verlede maand onder beleg gesit is.

Bronne: BBC, The Star, EWN

Lees ook: Getuie in Senzo Meyiwa-saak sê beskuldigdes het sy dood gevier