‘Bedrieër’ wat glo R750 000 steel in die hof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Neefs in Hanoverpark doodgeskiet

WYNBERG. – ‘n Vrou wat aan ‘n bedrogspul met ‘n aanlyn afspraak (dating) verbind word en glo R750 000 by ‘n persoon gesteel het, het in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Karabo Alexandra Moses (23) is gister in hegtenis geneem na ‘n klag oor die bedrogspul by die Valke ingedien is. Moses is verbind aan ‘n aanlyn dating bedrogspul waarvan die hoofbaas steeds in aanhouding is na hy is 2022 in hegtenis geneem is. Puis Emokpe (49) en sy medebeskuldigdes het glo ‘n vrou wat hy op ‘n afspraak-webtuitste ontmoet het bedrieg om meer as R3 miljoen aan hom te betaal.

Die saak teen Moses is uitgestel en na die Bellville-hof vir handelsmisdade geskuif. Sy en Emokpe sal op 28 September saam in die hof verskyn.

Bronne: IOL, TimesLIVE, The Pink Brain

Lees ook: Neefs in Hanoverpark doodgeskiet