Neefs in Hanoverpark doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Skelet in bosse naby Vishoek gevind

HANOVERPARK. – Twee neefs, Umar Majiet en Toufeeq Cummings, is Woensdag hier in ‘n motor doodgeskiet.

Die neefs, wat glo prominente lede van die Moslemgemeenskap was, is met kopskietwonde in ‘n motor aangetref. Hulle is albei op die toneel dood verklaar.

Die rede vir die aanval is onbekend en die Philippi-polisie is besig om twee aanklagtes van moord te ondersoek.

Die mans se familie het glo eers drie uur na die skietery van ‘n stopmisdaad-forum uitgevind hulle is dood. Toe hulle by die toneel aankom, was die liggame klaar na die lykshuis geneem.

Bronne: IOL, VN Explorer, EWN

Lees ook: Skelet in bosse naby Vishoek gevind