REDCLIFFE, KZN. – ‘n Man (44) is vanoggend tydens ‘n huisroof in Redcliffe-rylaan met sy eie vuurwapen geskiet.
Reaction Unit South Africa sê die slagoffer se bure het hulp ontbied.
Na bewering het twee verdagtes, waarvan een gewapen met ‘n vuurwapen, die slagoffer se huis binnegegaan. Hy is glo forseer om sy wapenkluis oop te maak waarna ‘n 9mm-pistool, twee gevulde magasyne en ammunisie verwyder is. Die verdagtes het glo die slagoffer met sy eie wapen in sy linkerhand en linkerbeen geskiet voordat hulle die wapen laat val en met ‘n skootrekenaar en kontant gevlug het.
Die slagoffer is op die toneel gestabiliseer en na ‘n hospitaal vervoer.
Bron: Reaction Unit South Africa
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



