Kyk: Diarree stop vliegtuig vir agt uur

Deel hierdie storie / Share this story
ATLANTA, VSA. – ‘n Delta Airlines Airbus moes Vrydag 1 September 2023 noodgedwonge twee uur na die vlug ‘n aanvang geneem het op pad na Barcelona in Spanje terugdraaai na Atlanta weens ‘n passasier se diarree.

Volgens die video en die vlieënier se afkondiging was die hele gang ‘n “biogevaar” en tot by die badkamer bevuil. Kajuitbemanning het probeer skoonmaak wat hul kon.

Passasiers moes oor sitplekke klim om die gemors te vermy. Die ongelukkige passasier is deur nooddienste ingewag en van die vliegtuig gedra.

Tydens die vertraging van agt uur is daar vyf uur aan die mat geskrop en ‘n gedeelte daarvan moes vervang word.

Na agt uur is die passasiers, saam met die persoon met wie die ongeluk gebeur het, weer op die vliegtuig toegelaat en kon die vlug hervat word.

Bronne: The Guardian, Daily Mail en New York Post

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel