Noord-Kaap-polisie maak skoonskip onder ‘dwelmhandelaars’

Deel hierdie storie / Share this story

NAMAKWA-DISTRIK, NOORD-KAAP. – Gedurende verskeie operasies op 5 en 6 September 2023 het polisielede van verskeie eenhede verbode immigrante, sowel as vermeende dwelmhandelaars aangekeer.

Lt.Kol. Sergio Kock sê vyf verbode immigrante is by ‘n huis in Port Nolloth vasgetrek. By ‘n tweede huis is ‘n man in besit van 8.990 kg hidro-dagga met ‘n straatwaarde van R1.7 miljoen, wat in bande versteek was, in hegtenis geneem.

In Brandvlei is tik, Mandrax-tablette en dagga, ondermeer dagga wat onder die grond begrawe was, gevind.

Polisielede van Nababeep het Mandrax-tablette en kontant op Okiep gevind. Daar is op al die dwelms beslag gelê en in hegtenisnemings is uitgevoer.

Bron: SAPD

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel