Lees ook: Fase 5-beurtkrag vandag ingestel
MAGALIESBERG. – Die NDBV het gesê hulle het kriminele klagtes teen Julius Malema gelê na ‘n video op sosiale media versprei het van ‘n koei wat vir die EFF se tiende bestaansjaarviering geslag word.
Volgens die NDBV kan in die video gesien word hoe Malema die koei meer as 11 keer steek en meer as 60 keer die mes draai terwyl die koei steeds lewendig is.
Die NDBV het gesê hulle het verskeie klagtes ontvang oor die voorval en het besluit om Malema van wreedheid teenoor die koei aan te kla. Die polisie is besig om die saak te ondersoek.
Bronne: IOL, The Citizen, Briefly, Twitter, SABC
Lees ook: Fase 5-beurtkrag vandag ingestel



