Ramokgopa blameer fase 6-beurtkrag op onderhoudsprobleme

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gewapende rowers in Kimberley in hegtenis geneem

Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, het fase 6-beurtkrag waaronder die land tans gebuk gaan, blameer op Eskom wat nie kon hou by die beplande onderhoudskedule nie.

Ramokgopa het gesê fase 6-beurtkrag is veroorsaak deur Eskom wat nou begin het om eenhede te onderhou. Hy het gesê Eskom het gehoop om die impak van beurtkrag te verminder, maar die onderhoud en twee opwekkingseenhede wat ophou werk het, het fase 6-beurtkrag genoodsaak.

Die hoof van opwekking by Eskom, Bheki Nxumalo, het gesê fase 6-beurtkrag behoort teen die einde van die week verminder te word.

Bronne: IOL, BusinessTech, EWN

Lees ook: Gewapende rowers in Kimberley in hegtenis geneem