Polisieman doodgeskiet toe hy wiel wou omruil

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ‘n Polisiebeampte (23) is Donderdag 31 Augustus 2023 doodgeskiet waar hy langs die N2- nasionale pad naby Scottburgh Mall besig was om ‘n wiel te ruil.

Lt.kol. Simphiwe Mhlongo sê die Valke ondersoek die beampte se moordsaak. Twee selfone is gedurende die moord gebuit. Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Ian Cameron het ook ‘n plasing van die voorval op sosiale media gedeel waarin hy sê kost. Govendor het op die toneel gesterf waar hy die wiel vir sy meisie probeer omruil het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel