Help vrou van Brakpan opspoor

Deel hierdie storie / Share this story

BRAKPAN, GAUTENG. – Bernadine Aslett (27), ook bekend as Burny, is sedert 26 Augustus 2023 omstreeks 13:00 vermis.

Volgens Missing in SA het sy na bewering vriende in Pretoria gaan besoek en sedertdien kon daar nog geen kontak met haar bewerkstellig word nie.

Sy is slank gebou met swart hare en blou oë, is ongeveer 1.6 m lank en weeg ongeveer 49 kg.

Uitkenbare merke is tatoes en ‘n tongring.

Enigiemand met inligting van waar sy haar bevind, kan Brakpan-polisie by 011 7447100 bel. Alternatiewelik kan Wendy Pascoe van Missing in SA by 072 649 7683 gekontak word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel