Waarskuwing! Nie vir sensitiewe lesers nie.
BLOEMFONTEIN, VRYSTAAT. – Die DBV is steeds aktief by veldbrande in die omgewing van Thaba-Nchu, Verkeerdevlei en Excelsior betrokke om diere se lyding te verlig.
Volgens die DBV moes hulle Maandag 4 September 2023 reeds weer sewe perde, 12 beeste en nege skape wat as gevolg van veldbrande beseer is, uitsit.
Dit is nou amper twee weke dat toegewyde DBV-personeel voortdurend moet ingryp en lang, uitputtende ure werk om diere te red en ook om diere se lyding te aanskou.
Die twee perde in die foto’s het sulke erge brandwonde opgedoen, hulle oë kon nie oopmaak nie. Hulle hoewe is ook beskadig en hulle moes van kant gemaak word om hul verdere lyding te spaar.
Enige weldoener wat selfs net bottels water of brandstof aan die inspekteurs wil skenk, kan dit by die DBV se kantore aflewer. Indien jy meer te wete wil kom, kan die webtuiste by www.bloemfonteinspca.co.za besoek word.
Bron: Bloemfontein DBV
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



