Vrou gevang wat doeke ‘steel’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Saak teen Zandile Mafe uitgestel

’n Vrou is op kamera gevang waar sy doeke in ’n winkel probeer steel het.

Die video begin waar die vrou by ’n klomp babadoeke staan wat op die vloer lê. Die omhulsel waarin die doeke was, is ook op die vloer te sien. Die vrou is deur sekuriteitswagte gekonfronteer wat gevra het sy moet haar hemp oplig. Dit het nog doeke laat uitval.

Die beeldmateriaal het baie mense verdeeld gehad, met sommige wat sê dis verkeerd om te steel, terwyl ander sê hulle voel sleg vir die vrou se onthalwe.

Dit is onduidelik wat met die vrou gebeur het na die video-opname eindig.

Bronne: The Africa, Cape Talk, Yard Hype

Lees ook: Saak teen Zandile Mafe uitgestel