NEBRASKA, VSA. – Lee Meyer en sy volgroeide Watusi-bul Howdy Doody is Woensdagoggend 10:00 deur Nebraska-polisie in ‘n roetine-verkeerstop voorgekeer. Die rare verskynsel het koppe laat draai en is aan owerhedege rapporteer.
Kapt. Chad Reiman het vertel mens kom nie elke dag op so iets af nie.
‘n Geel versperring aan die kant van die voertuig het gehelp om die dier binne te hou. En boonop is gedeeltes van die voertuig soos die dak en windskerm verwyder sodat Howdy Doody kon saamry.
“The officers received a call referencing a car driving into town that had a cow in it. They thought that it was going to be a calf, something small or something that would actually fit inside the vehicle,” het Reiman gesê.
Nadat baas en bul voorgekeer is, is verkeersoortredings aangespreek, waarna ‘n paar waarskuwings uitgereik en Meyer gewaarsku is om sy bees huis toe te vat en die stad te verlaat.
“I can honestly say that I haven’t seen anything like that before,” he adds. “It was different, for sure. You’re not going to run across that every day.”
Bronne: People, News Channel Nebraska en AP News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



