PRETORIA, SUID-AFRIKA. -Lentedag, Vrydag 1 September 2023, het ‘n babadogtertjie in ‘n spesiale reddingskas by ‘n plek van veiligheid in die noorde van Pretoria opgelewer.
Mienkie het in die plasing wat sy Vrydag gedeel het gesê die mamma moenie veroordeel word nie, aangesien niemand weet wat haar omstandighede is nie.
Sy het verder die mamma gerus gestel en gesê haar baba is veilig, warm en geliefd.
Rock of Hope in Magalieskruin in Pretoria het op 1 Junie 2023 hulle babareddingsboks geloods. Mienkie en Wouter Prozesky is welbekend as ouers van vele kinders wat na hulle “forever homes” op pad is. Hulle het reeds meer as 200 babas versorg.
Babareddingsbokse is die alternatief vir wanneer mammas nie meer hulle babas kan versorg nie. Die baba word in die boks geplaas, waarna ‘n alarm verantwoordelike persone van die baba in kennis stel. ‘n Kettingreaksie van gebeure vind dan plaas, maar die belangrikste is dat die baba versorg sal wees en nie iewers in ‘n ongewenste plek wat tot die dood kan lei, sal eindig nie.
Bron: Rock of Hope
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



