Vliegtuie deur mobiele brandstoftenker op King Shaka- internasionale lughawe gevul

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN, KZN. – ‘n Mobiele brandstoftenkwa word gebruik om vliegtuie op dié internasionale lughawe met brandstof te vul.

In ‘n verklaring word bevestig vlugvertragings kan moontlik ervaar word nadat die stelsel weens ‘n fout op die optiese veselbrandstofstelsel geïdentifiseer en afgeskakel is.

Geskeduleerde vlugte het egter volgens die verklaring sedert vanoggend betyds vertrek.

Passasiers word versoek om hul lugredery vir inligting te kontak terwyl daar gewerk word om die situasie op te los.

Die lughawe het hulle passasiers vir enige ongerief om verskoning gevra en hulle vir hulle geduld bedank.

Bron: King Shaka International Airport

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel