LEPHALALE, LIMPOPO. – Twee mans, ondeskeidelik 32 en 57 jaar oud, is op Maandag 28 Augustus vir diefstal en die besit van vermoedelik gesteelde goedere in hegtenis geneem.
Kol. Malesela Ledwaba sê polisielede het ‘n wenk ontvang van ‘n Eskom-subkontrakteur (32) wat glo by Matimba-kragstasie diesel steel.
Die inligting is opgevolg en die verdagte, wat met ‘n gradeermasjien van die kragstasie af die veld ingery het, is gevind. Na bewering het hy diesel in houers gegooi en dit na ‘n Toyota Hilux wat in die veld geparkeer was geneem, waar die tweede verdagte (57) vir hom gewag het.
Diesel ter waarde van R9 000 is teruggevind en die polisie het op die voertuig, asook dromme diesel wat in bosse versteek was, beslag gelê.
Die verdagtes sal na verwagting vandag in die Lephalale-landdroshof verskyn.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



