Lees ook: Nandipha Magudumana teen haar wil landuit geneem
ALBERTON, EKURHULENI. – Die seisoen 12 Idols SA-finalis Terra Cox is Sondag dood in sy huis gevind.
Terra Cox, regte naam Tersius Eathon Kocks, was in die Top 4 van Idols SA seisoen 12. Hy het voorheen gesê hy is deur sy oorlede ma geïnspireer om vir Idols in te skryf.
Die oorsaak van sy dood is tans nog onbekend. Daar sal vandag ’n gedenkdiens vir hom gehou word en sy begrafnis is glo vir 3 September beplan.
Bronne: IOL, EWN, News24



