MOKOPANE, LIMPOPO. – ‘n Man (32) wat homself glo as ‘n SANW-lid voorgedoen het, is Sondagaand 27 Augustus 2023 op die Mokopanepad in hegtenis geneem.
Kol. Malesela Ledwaba sê misdaadvoorkominslede was besig met patrollies toe hulle die verdagte man in ‘n SANW-uniform in ‘n silwer Toyota Corolla opmerk.
Hy is na bewering voorgekeer en kon homself nie identifiseer of bewys lewer as lid van die SANW nie. Boonop kon hy nie besonderhede van bevelvoerders verskaf nie. Tydens deursoeking van die voertuig is twee ongelisensieerde vuurwapens, ‘n windbuks, twee leë magasyne en ‘n militêre uniform gevind, waarop beslag gelê is.
Die man is in hegtenis geneem en sal op aanklagte van die voordoen as ‘n SANW-lid en die besit van ongelisensieerde vuurwapens in die Mokopane-streekshof verskyn.
Bron: SAPD
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel



