Jong vrou sterf dae na sy in kop geskiet is

Deel hierdie storie / Share this story

BOOYSENPARK, GQEBERHA. – Verushka Nel (19) is op Dinsdag 17 Augustus 2023 omstreeks 19:00 in haar huis in Marcelino Makalenistraat oorval en geskiet. Sy is dae later in ‘n hospitaal oorlede.

Kol. Priscilla Naudu sê daar was na bewering ‘n klop aan haar deur, waarna twee manspersone, glo aan Nel bekend, ‘n slaapkamer in die huis binnegegaan het en skote afgevuur het. Haar selfoon is geneem.

Volgens Naidu is Nel die volgende oggend met ‘n skietwond aan haar kop ontdek en die polisie is in kennis gestel. Sy is na ‘n hospitaal geneem waar sy op 22 Augustus oorlede is.

Die polisie se provinsiale bende-eenheid ondersoek sake van moord en huisroof. Nog geen inhegtenisnemings is gemaak nie.

Bron: SAPD, Verushka Nel Facebook-blad

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel