Wladimir Poetin sal nie persoonlik Indiese G20 bywoon nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Kriminele klag gelê teen Winde, Steenhuisen oor Poetin-aanmerkings

MOSKOU, RUSLAND. – President Wladimir Poetin sal nie die Indiese G20-beraad persoonlik in September in persoon bywoon nie.

Die Kremlin-woordvoerder het Vrydag die aankondiging gemaak dat so ‘n besoek nie op die kalender is nie.

Hy het bygevoeg Poetin het die Brics-beraad deur ’n videoskakel bygewoon. Die G20 sal op 9 en 10 September in New Delhi plaasvind. Poetin is aangekla deur die internasionale kriminele hof van oorlogsmisdrywe en ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming is uitgereik.

Bronne: DW – South Africa, The News Mill, NDTV

Lees ook: Kriminele klag gelê teen Winde, Steenhuisen oor Poetin-aanmerkings