Lees ook: Sakeman by gewilde koffiewinkel in Rustenburg doodgeskiet
RUSTENBURG. – Boodskappe het op sosiale media versprei dat ’n verdagte in hegtenis geneem is vir die moord op die sakeman Ben Gumbi.
Die polisie het gister die bewerings ontken en gesê dit is vals nuus. Hulle het gevra mense moet ophou om vals nuus te versprei, want dit veroorsaak verwarring en beïnvloed hulle ondersoeke.
Ben Gumbi is Woensdag buite ’n koffiewinkel doodgeskiet terwyl hy op sy foon besig was. Hy is vier keer geskiet. Gumbi was betrokke in ’n dispuut oor grond en het ’n video gemaak oor dreigemente wat hy ontvang het.
Bronne: IOL, TimesLIVE, VN Explorer
Lees ook: Sakeman by gewilde koffiewinkel in Rustenburg doodgeskiet



